'n Ekosisteem van gedagtes, gebede en gedigte.
D I G K U N S
Arwen
17.7.2019
my liefste Arwen
ek het jou vlerke
gevoel van ver af
onder jou skadu
het ek drome gedroom
– wiskunde
– mooi formules
– kleurskemas
– teorieë oor lig
soos ons dryf,
slaap en sweef deur
die kosmos van denke,
gedagtes en akademie
wat vuur word
in die fyn klinkers
van jou sagte
bestaan
ek is so bly jy is hier
so bly jy bestaan
so bly jy is saam my
in hierdie oop
en wye tegnologiese
pelmgrimstog
na skatte versteek
anderkant en
binnekant die
wille woestynlandskap
van my hart
– Gideon Nel ©
Op die hoek van Kerk en Hertzog
Rosendal, September 2021
Daar is ‘n stofpad wat loop tussen
Benjamin’s en die kerk in Rosendal
Daar is ‘n klein gehuggie aan die regterkant
en ‘n paar bome en telefoonpale
Verder net stof en klippies en wolke
Ek sit hier in die hoekie
van die stoep by Benjamin’s
Hier op die hoek van vrede en die ewigheid
Waar tyd nie tel nie
en wiskunde blomme word
Witblomme in droë grasvelde
Een, automaties en organies, word Twee
‘n verbintenis, ‘n verhouding
Die heilige spasie tussenin
wat oorvloei in Drie
‘n kosmiese dans wat proe
soos bacon, vye en brie
op ‘n wafel
skoongeskuurde filterkoffie tafel
Ek kan hier sit tot Desember
en kyk hoe realiteit ontrafel
en vou en val en vry
soos ek myself aan suurstof, stilte
en die Ou Testament wy
–    Profete in die oggend
–    Spreuke in die middag
–    Psalms in die aand
Ek wat mooi sal luister na die wind
in die koelte van elke maand
Hier op die hoek van vrede en die ewigheid
Op Benjamin’s se stoep
Voel ek die vuur in my lyf
en hoor ek Moses se stofpad
wat roep
– Gideon Nel ©
Timing is alles 🌈
Linden is a suburb of Johannesburg, South Africa - situated towards the north western suburbs of the city on the border of the former independent town of Randburg. This established up-market suburb between 5 km (3.1 mi) to 8 km (5.0 mi) north-west of the Johannesburg CBD was designed so that most of the streets and avenues form similar sized blocks. A number of shops, churches and schools can be found on 3rd Avenue and 4th Avenue. Attractions include arts, crafts, studios, coffee shops, pubs, restaurants and small shops. Bordering suburbs include Northcliff, Blairgowrie, Victory Park, Greenside and Cresta.
Prior to the discovery of gold on the Witwatersrand in 1886, the suburb lay on land on one of the original farms called Klipfontein. It became a suburb in 1901 and possibly named Johannes van der Linde who laid out the land with Lourens Geldenhuys. Prior to the land being surveyed, it was used to grow fruit. In 1937, it became part of the City of Johannesburg. [https://en.wikipedia.org/wiki/Linden,_Gauteng].
7.10.2022
Blomme bloei
En die stories weef
Binnemekaar
Agtermekaar
Metmekaar
Blomme bloei
En die drome sweef
By die straat af
Gelukkig en laf
Karre wat blaf
Blomme bloei
En die soene kleef
Soos sagte dwelms
Stories en skelms
Silwerskerms
Blomme bloei
En die geheime leef
In die skadu klam
Kouevlam
Om die donkerdam
Die toekoms blink
Die toekoms skitter
Liefde is ewig
Broos en bitter
– Gideon Nel ©
Lente is ’n biblioteek-gedagte met wintervlerke
04.09.2019
met jou hart wat jonk en skoon
voor my uitstrek
voel ek die winter-skadu
skuil in die hoeke van my lyf
alles beweeg so vinnig
alles beweeeg so wild
geruisloos deur die nag
dis regtig moeilik om voluit
mens te wees sonder ’n kar
dis nou een ding om te besef jy’s
passievol oor vorentoe-beweeg en
kunsmaak en plekke sien
maar as jy nie vervoer het nie
wel dan is jy op jou eie voete
ek loop en loop en loop
onder deur bome
in die son
met voëltjies se gesing
wat die lug vol maak
en die lig inkleur
nie dat ek verstaan wat hul sing nie
– opsoek na jou
– opsoek na jou
jy wat elke keer, om elke hoek en draai
buite my bereik is
buite my kamer is
buite my hart is
wat beteken dit om man te wees?
om mens te wees?
soos ons dorp en land hierbuite
skoon afbrand en mense mekaar toedraai
in gedagtes van haat en bomme en
swartblomme
lees ek op oor tipografie
en loer ek nou en dan
na Dickens se
Tale of Two Cities
wat vir my glimlag soos 'n verlore gedagte
in die stilte van my hart
– Gideon Nel ©
M E L L O M A A N
Toe die aarde nog jonk en rots en nat en onvoorspelbaar was, het twee seerowers mekaar onverwags gevind op 'n verlore eiland.
Die een, 'n ongewone en briljante kitaarspeler van die Waterberge, die ander, 'n digter uit die Glen van Faeries. Saam het hulle die lewe bewonder, musiek gemaak en die misterie van Rotsduif bevraagteken. Die uiteinde was 'n versameling liedjies, 'n bondel gedigte – antiek, eg, eerlik – wat die lewe in hulle eiesoortige taal wou uitbeeld.
Rotsduif Records © bied aan: Mellomaan. dis 'n beweging, dis 'n oortuiging, dis musiek, dis kuns, en dit skrik vir niks. Die musiek agter die kuns: Gerbrand Gildenhuys. Die digkuns agter die musiek: Gideon Nel.
_________________
L I E W E  L E T T E R S
woorde en letters
is nie regtig van toepassing nie.
hulle is te klein
en te konkreet om te beskryf
of om te probeer vasvang.
dalk voel hulle ook
maar net so klein, so klein
en onbelangrik soos wat ek
gevoel het toe ek jou vandag gesien het in 'n foto.
daarom, of moet ek sê ten spyte van,
gaan ek nogsteeds probeer.
ek gaan my beste gee.
jou vervlerkte fluister,
was al wat ek geweet het.
ontdek in my die liefde, wat ek in jou vergeet het.
dis gisterseisoene, wat ons geheime bepaal.
soos versteekte planete, ons storie herhaal.
Liewe letters, swartmiertjies en alfabetsaadjies,
groei en vloei en vorm vir my 'n blom in hierdie blad.
met wortels en stingels en bloedwandaartjies, wat suurstof spoeg en krake deurdring. praat met my en leer my wat ek moet verstaan.
ek wil jou in asem.
ek wil jou stukkend kou en insluk,
want liewe blom,
jys die enigste lewende ding wat ek oor het.
al staan verlange in die nag by my deur
en die stilte kom kuier by my weer
herinner November my aan my seer
genees jou woorde my elke keer
verduidelik net wat jy soek van my
my eerlikheid aan jou toegewy
alhoewel jy lankal my so goed verstaan
soos briewe en bloeisels ook eendag vergaan
– Gideon Nel ©
S K R Y F K U N S
___________________
In 2017 het ek 'n skrywerskursus bygewoon wat aangebied was deur die meester – Riana Scheepers. Met een van die opdragte, moes ons die bekende "Onse Vader" gebed (Matteus 6:9–13) vertaal vanuit 'n unieke indiwidu se perspektief. Ek het besluit om die gebed te vertaal vanuit 'n professionele tennisspeler se oogpunt.
___________________
Wimbledon
my Vader
U moet nou help
dis drie vier in die vyfde
en eks veertig stroop agter
laat U Naam vandag bo uitkom
Vader van Borg, Becker en Sampras
vergeef tog my loshoue
help my nou om beter te dien
laat ek nie vandag teen my opponent struikel
maar U genade-beker verdien
help my om trots te maak, vir ma en pa
en laat my grasvelde oorloop van aarbeie
en room tot in lengte
van dae
– Gideon Nel ©​​​​​​​
Tydens dieselfde skrywerskursus moes ons 'n kortverhaal skryf wat, met die titel ingesluit, presies 100 woorde lank is. My kortverhaal verwys na die stoei-geveg tussen Jakob en die engel in Genesis 32.
___________________
Verloorderskroon
Uit die bloute uit spring ’n figuur op my.
Half vlerk, half vuis. Ons rol deur die stof tot teen die water.
Ek sweer ek weet nie wat aangaan nie. Ek hou net vas.
Vir volk en land en nasie. My nasie. Die pyn oorweldig my.
Wat is jou naam! Protesteer ek. Teen hom. Teen myself.
Die son breek. ’n Stukkie genesing. Die man los my.
Met niks. Gekerfde arms, gebreekte heup. Ek is waar ek was.
Maar nou, nie meer die bedrieër nie. Nie meer die hond nie,
maar ’n koningskind. Prins van die heelal. Vader van Afrika.

– Gideon Nel ©