C O V E R  D E S I G N
___________________________________
Projek Band
Die Maan is 'n Sagter Weergawe van Vliegtuie
Musical composition  :: Willem Wannenburg
Lyrics :: Gideon Nel
Cover design :: Gideon Nel
___________________________________
Lyrics
die maan is ‘n waterwese
wat opstyg soos ‘n lelie
in die nag
wat manne en meerminne
bekoor met ‘n unieke soort
mag dit vir jou heerlik
wees om sag en slaap
te voel in jou bene
wat riviere word tussen
droë valleie, klowe
onder sterre
die maan is ‘n walvis
wat drome droom
en drom onder donderstorms
terwyl waterdruppels
deurlopend gly
en bly
en vry
op onbekende plekke
en mense en stories,
kineties sensories,
die aardse gevoel van
vlug in staalmasjiene
met vlerke.
_________________________________
℗ 2020 Projek Band
Die Maan is 'n Sagter Weergawe van Vliegtuie
Released on: 19 April 2020.